Wednesday, October 3, 2007

my quantum


baai-sie-klê, fiets, wat purrr
purrr jy in my op. jou struktuur
wat toring in my siege. jou saal
wat my met gemak troon. toor
tree trap ek oor hierdie klein planeet
met jou purrr onder my, met
klein tree trap ek berge uit. op lang
afdraande klou my hande met ‘n
gereedheids waan om die brieke. my
geel Peugeot. my quantum. my
draer van my wil. my kokonner
van gedagtes. jy vlerke, my
fiets, jy absorbeer my liefde in jou
staal raam. ek gee my
versorg aan jou. jy’t ‘n gees in my oë
jy gaan plekke snags. snags droom jy
oor die groot hemel van fietse, snags
hardloop jy agter ander oulike fiets nooientjies
aan, jy runnik vir hulle en wys af hoe
sterk jou ketting is & hoe glad jy kan
rat verwissel. in jou fiets drome
hoef jy nie buite op die stoep inie reën &
koue te staan nie, maar jy’t ‘n fiets
huis & soms roei jy & ‘n cherry uit
op die dam in die son & drink jul
fiets-olie sjampanje & rook roes.
jy’t ‘n gevaarlike sosiale lewe, jy’s
‘n jazz musikant in jou siel &
ek voel dit alles in die oggend as
ek by Roodebloem af zoem en jy gee
so extra hop as ons oor daai een
hobbel ramp, jy Charlie Parker deur
Main road verkeer, jy swoosh met
Miles Davis styl by die stad se oop
mond in, ons waai elke oggend saam
vir die kasteel, ons sing ‘n Coletrane
verby die prisoniers wat na die hof gebring
word in Buitekant straat & op die ou
end maak ek jou op jou spot vas

meganiese dier, in my
is jy verhewe bo ‘n hele parking lot
se karre

©2007, sjaka s septembir