Friday, May 16, 2008

vis sirkus lof!

('‘n gebed vir ons' - aan Morne 'Swart Streep' du Plesis en Joalida vir hul troue op 3 Mei 2008)

bulder BRUILOF
goël BREID & BREIDEGOM
hier glinster ons twee nou
in die vinnige baan
waar die lewe in hardloop, hoog getye
oor ons harte van koraal
hier kweek ons vir mekaar skole tropiese vissies
ons twee rotstuine van smag, smart, lag
lus, liefde word een klein oseaan
organies geseël in een sirkel van saam
wees

kom ons gooi borde stukkend in
ons breine, ontplof na
gemengde lywe wat span in ‘n vang mat
van spiere en senings om ons drome te vang
laat ons gedagtes sweefstok kunstenaars word
wat so gesout is in mekaar se ritme
tog steeds konstant die avontuur van deur
die lug seil en bomalakiesie konstant in mekaar vind
ten laaste, blaai ons die Bybel van sex
na Prediker en vind die Inka primitiewe
goue rituele wat nog voor lê

ons kombineer, ons swem in ons eie oseaan
bulder BRUILOF
baljaar met dolfyne
goël BREID & BREIDEGOM
word een
see en land
‘n volmaan van golwe
wat vry soos wit perde
teen die land op hardloop
so lag ons saam
so lag ons ewig saam

©2008, Sjaka S. Septembir