Monday, November 5, 2007

hierdie gedigte is alledaags en zen; zen-punk.

"die oggend tuur"
is die eerste woorde wat my kop in hardloop
en af na my vingers hul pad vind
en dan begin ek twyfel
met "die oggend tuur sy waarheid..."
"die oggend tuur in my siel..."
"die oggend tuur met sy klein blydskap..."
(hoekom 'sy', is 'n oggend nie ‘n vrou nie?)
(hoekom oggend 'tuur' en nie 'tier' nie)
"die oggend tier is wolkloos
in die refleksie van my computer skerm"
"die oggend tier skuur teen die leegheid
van my hart"
die son skyn
my Batman mug staan hier langs die key-board
sy bodem is swart
met 'n laaste swart koue sluk koffie
(wat ek nie gaan vat nie).
Marilyn Manson sing "Tainted Love"
ek wens ek het liefde - van 'n romantiese aard - gehad
om van te skryf of te sing
dis warm
dis Sondag oggend, 09h24,
'n pragtige Pearl Jam song kom oor die radio stasie op
dit maak my vlees water…
maar my pajamas -
wat nog aan my oupa behoort het
(ons het hom in 1999 begrawe) -
hou my aanmekaar
- © Sjaka S. Septembir, 22Sept.2002

Life-boy!


ons was die hele fokken Afrika skoon!
ons is experts op swart sweet en
swart lywe, van die grootste voël tot die
kleinste klit
ons vat aan alles
HYGIENE PROTECTION FOR THE WHOLE FAMILY
maak nie saak of jy net drie vrouens het
of 60, Lifebouy, ons is daar
van South Africa, Malawi, Cote D'Ivoire, Nigeria, Congo, Zimbabwe,
Kenya, Ghana, Zambia
Lifebouy!
ons was diep spore in Afrika in
in oorlog, in hongersnoot, in droogte
ons was jul skoon
Lifebuoy
al is jy Islam, Christen, Heiden, Intellectueele
Atiës,
moenie worry of jy was in 'n emmer,
of in 'n sloot of in 'n mansion in Soweto
ons was jou weg van jou reuk
ons was jou so skoon
dat jy in hemel
nog na ons rooi seep
sal stink.
hy's nie eet baar nie!
maar hy's die lekkerste seep
eet, drink, raak verlief, hoereer
moenie worry oor Wallstreet, die Deutch Mark,
die nuwe Volvo, Time Magazine
lag vir die factory workers hier by ons fabriek,
moenie worry oor die factory worker
was liefs jou onderbroeke, jou baba se bottel, jou skodelgoed,
jou beeste, bokke en hoenders sommer ook
met ons seep
ons vat aan alles
ons was jou skoon
sing!
ons was jou weg van jou reuk
dat jy in die hemel
nog lekker na ons rooi seep
sal stink
125g when packed

- © Sjaka S. Septembir, Okt. 2002