Monday, December 15, 2008

jesis, nog ‘n dronk aand in 2008…seer, donker

wat sal gebeur as ek nog dronker word
nog meer uit mekaar uit val
nog meer die volume op draai en die musiek hier laat blêr
soos die aand ster buite my venster, huilend hygende ster…
nog bier! Nog bier roep ek
my hart brand
ongeloof en minagting
ek wil ontplof, ek wil die rou vleis van my bors
oop skeer en my hart en longe laat uit val
op die grond voor my lovers en
voor my luste
my piel styf in hul gesigte
vir hul om gedigte oor te prewel
KOM AAN!
Drink op my skepe, soos ek vanaand uit vaar in jul hande
jul’s rond geskop deur my fokken staar
liefde wolf-pluk aan my en ek vra soma ook
waar’s jul my tjoka’s, my schpêlle, ek sink hier
my hart pyn!
KOM AAN! kom red my hier
die besies van liefde se roos mooi steek doring goud in my siel
KOM AAN!
sing my oop en vry
ek draai die volume nog op
laat hierdie rock mal deuntjies my verskeur
laat die hiënas van dronkenskap en nog rook
my verteer tot ‘n eerlikheid so groot soos die sterre
en laat ek die filosowe in my hol begrawe
toe skeer my oop!
skeer en verteer
tot goddelose heerlike verderf
kom ek kraak oop nog ‘n blikkie swart stoute melk
KOM AAN!
nog een vir oulaas…

doppe gedrink
dominees sou sê ‘gedown’
ek hik die nag in
alles het ‘n raam nodig om werklik raakgesien te word
soos verliefdheid
soos swaar kry
moet geraam word
maar ek gee jul niks jul sotte
net my pyn, rou oop
alles eggo van plesier en armoede
die rykes pluk die armes se harte uit
en ons hoor kore engele daar in droom
verwronge engele
ons hoor weleer op rys
vrugte van die stad se naglewe bestaan
sterre skyn op land en in die lug
kom boogie jol!
ons gaan vry van anker vanaand
ons vergeet alles
kom krap my om in aller heiligheid
samaritaan
kom in en was jou voete voor my my mooi kind
kom aborsie bevoorregte, kom vertel my
hoeveel liefdes kan deur die vol maan oop
geskroei word, welig keur
in 7de laan genot
gebot
eet snot
drank knoop onsinnige prettige luimeraly oop
…ek bedoel reinelary…agg! rymelary,
ha! duiwelary, djou nei!
kom skop my oop, die kant asseblief,
want my hart sit hier
en die feëverhaal van ek wees
grom nou sandagtig in die bestaan van die
wêreld in
bloei!
kom smart
kom gee my ‘n drukkie smart
kom ek wikkel my dronk geheue toe in jou
kleurvolle donker bestaan
kom, ons porn oop tot liefde, liewe jesus
oop… kom bevoel bevat my
vir ou laas
oop tot bloos
oopgegort in tale van babel en my kop
bars in soet vye sap oop, net vir jou
net vir jou, jul elkeen
elkeen van jul net vir jou spesiaal
mooi strooi
fokken hooi
ek sal jul elkeen lustig looi
my piel is nie ‘n hart nie!
ons is
wes
moreel en alles wes
my hart lê op die fokken vloer en huil oos
dis bes
kom in kom in!
daar’s ‘n gat in my bors
kraak nog ‘n bier oop, nog ‘n song
nog ‘n siegie terwyl die wêreld met koerant geur
voort draai

©2008 Sjaka S. Septembir

Monday, July 14, 2008

BRAND BRAND BRAND (aan jou sagte harde teerheid, I)

jy koop pampoen in my daaglikse spieël
met sagte teerheid
jy kook pampoen in my daaglikse spieël
met harde teerheid
jy eet pampoen in my daaglikse spieël
met gebluste teerheid
jy kak pampoen in my daaglikse spieël
met ontwapende teerheid.

gewapende helder rooi tafeldoek
tafel sweefdryf in die middel van die son wit see
windstil
die reuk van die panty
wat jy deur die voorruit goei
tref die VW se blou sit plek.

halfmaan
sagte oranje pampoen, gesmeer met
‘n silwer mes met ‘n geronde punt
oor jou pubieke krulle
wang op gepof, kouend
pampoen wat droog oor vagina
twee heilige kaal vigure
lê geslagsdeel oop
sweterig, mens nat
in die oond van die dag
klaar gebid
wagtind in hul droom asemhaling
dat die gode hul sal aanbid
vas-klouend aan mekaar
met gebluste lus vingers
met die ongeloof van die laaste bietjie see
wat die sand ontmoet
en patrone los…
boom ringe oor vel

skêr sny deur haare
branders breek deur die spieël
pampoen stoom rys uit die ou ronde pot
pampoen reuk
kop aan kop verkeer
honde fok
twee naalde kokers paar
Dafni! Dafni! Dafni!
My kamer is die tempel van Delphi
met die reuk van pampoen teen die plafon.


~~~~~~~~ - © Sjaka S. Septembir, Des. ‘98

Gepubliseer in Cybervaseline #5

Friday, May 16, 2008

vis sirkus lof!

('‘n gebed vir ons' - aan Morne 'Swart Streep' du Plesis en Joalida vir hul troue op 3 Mei 2008)

bulder BRUILOF
goël BREID & BREIDEGOM
hier glinster ons twee nou
in die vinnige baan
waar die lewe in hardloop, hoog getye
oor ons harte van koraal
hier kweek ons vir mekaar skole tropiese vissies
ons twee rotstuine van smag, smart, lag
lus, liefde word een klein oseaan
organies geseël in een sirkel van saam
wees

kom ons gooi borde stukkend in
ons breine, ontplof na
gemengde lywe wat span in ‘n vang mat
van spiere en senings om ons drome te vang
laat ons gedagtes sweefstok kunstenaars word
wat so gesout is in mekaar se ritme
tog steeds konstant die avontuur van deur
die lug seil en bomalakiesie konstant in mekaar vind
ten laaste, blaai ons die Bybel van sex
na Prediker en vind die Inka primitiewe
goue rituele wat nog voor lê

ons kombineer, ons swem in ons eie oseaan
bulder BRUILOF
baljaar met dolfyne
goël BREID & BREIDEGOM
word een
see en land
‘n volmaan van golwe
wat vry soos wit perde
teen die land op hardloop
so lag ons saam
so lag ons ewig saam

©2008, Sjaka S. Septembir

Sunday, April 6, 2008

Jan Viljoen
Speel die lotto en wen ‘n miljoen
Miems Vermeer
Sit weer in die Maandag oggend verkeer
Okkie Stokkie
Soek onder sy bed na sy ander sokkie
Baps de Beer
Sy, girlfriend, maak skoon haar geweer

Oupa Ben
Trek die Wilkinson lem, deur die wit skuim op sy ken
Frans de Wit
Die lewe pla hom want hy sien geen nut
Ems van Rooy
Lê nog in die kooi
San en Bets sit op die trein en klets
Lien en Soek is by Pn’P vir brood
Hul praat oor die Huisgenoot
Ek as digter kom nou eers op dreef en besef
‘Liewe deug!
Hierdie nuwe oggend is vêr van leeg!’