Monday, November 5, 2007

hierdie gedigte is alledaags en zen; zen-punk.

"die oggend tuur"
is die eerste woorde wat my kop in hardloop
en af na my vingers hul pad vind
en dan begin ek twyfel
met "die oggend tuur sy waarheid..."
"die oggend tuur in my siel..."
"die oggend tuur met sy klein blydskap..."
(hoekom 'sy', is 'n oggend nie ‘n vrou nie?)
(hoekom oggend 'tuur' en nie 'tier' nie)
"die oggend tier is wolkloos
in die refleksie van my computer skerm"
"die oggend tier skuur teen die leegheid
van my hart"
die son skyn
my Batman mug staan hier langs die key-board
sy bodem is swart
met 'n laaste swart koue sluk koffie
(wat ek nie gaan vat nie).
Marilyn Manson sing "Tainted Love"
ek wens ek het liefde - van 'n romantiese aard - gehad
om van te skryf of te sing
dis warm
dis Sondag oggend, 09h24,
'n pragtige Pearl Jam song kom oor die radio stasie op
dit maak my vlees water…
maar my pajamas -
wat nog aan my oupa behoort het
(ons het hom in 1999 begrawe) -
hou my aanmekaar
- © Sjaka S. Septembir, 22Sept.2002

1 comment:

Unknown said...

Baie cool poem. Los my in 'n sagte plek