Monday, December 15, 2008

jesis, nog ‘n dronk aand in 2008…seer, donker

wat sal gebeur as ek nog dronker word
nog meer uit mekaar uit val
nog meer die volume op draai en die musiek hier laat blêr
soos die aand ster buite my venster, huilend hygende ster…
nog bier! Nog bier roep ek
my hart brand
ongeloof en minagting
ek wil ontplof, ek wil die rou vleis van my bors
oop skeer en my hart en longe laat uit val
op die grond voor my lovers en
voor my luste
my piel styf in hul gesigte
vir hul om gedigte oor te prewel
KOM AAN!
Drink op my skepe, soos ek vanaand uit vaar in jul hande
jul’s rond geskop deur my fokken staar
liefde wolf-pluk aan my en ek vra soma ook
waar’s jul my tjoka’s, my schpêlle, ek sink hier
my hart pyn!
KOM AAN! kom red my hier
die besies van liefde se roos mooi steek doring goud in my siel
KOM AAN!
sing my oop en vry
ek draai die volume nog op
laat hierdie rock mal deuntjies my verskeur
laat die hiënas van dronkenskap en nog rook
my verteer tot ‘n eerlikheid so groot soos die sterre
en laat ek die filosowe in my hol begrawe
toe skeer my oop!
skeer en verteer
tot goddelose heerlike verderf
kom ek kraak oop nog ‘n blikkie swart stoute melk
KOM AAN!
nog een vir oulaas…

doppe gedrink
dominees sou sê ‘gedown’
ek hik die nag in
alles het ‘n raam nodig om werklik raakgesien te word
soos verliefdheid
soos swaar kry
moet geraam word
maar ek gee jul niks jul sotte
net my pyn, rou oop
alles eggo van plesier en armoede
die rykes pluk die armes se harte uit
en ons hoor kore engele daar in droom
verwronge engele
ons hoor weleer op rys
vrugte van die stad se naglewe bestaan
sterre skyn op land en in die lug
kom boogie jol!
ons gaan vry van anker vanaand
ons vergeet alles
kom krap my om in aller heiligheid
samaritaan
kom in en was jou voete voor my my mooi kind
kom aborsie bevoorregte, kom vertel my
hoeveel liefdes kan deur die vol maan oop
geskroei word, welig keur
in 7de laan genot
gebot
eet snot
drank knoop onsinnige prettige luimeraly oop
…ek bedoel reinelary…agg! rymelary,
ha! duiwelary, djou nei!
kom skop my oop, die kant asseblief,
want my hart sit hier
en die feëverhaal van ek wees
grom nou sandagtig in die bestaan van die
wêreld in
bloei!
kom smart
kom gee my ‘n drukkie smart
kom ek wikkel my dronk geheue toe in jou
kleurvolle donker bestaan
kom, ons porn oop tot liefde, liewe jesus
oop… kom bevoel bevat my
vir ou laas
oop tot bloos
oopgegort in tale van babel en my kop
bars in soet vye sap oop, net vir jou
net vir jou, jul elkeen
elkeen van jul net vir jou spesiaal
mooi strooi
fokken hooi
ek sal jul elkeen lustig looi
my piel is nie ‘n hart nie!
ons is
wes
moreel en alles wes
my hart lê op die fokken vloer en huil oos
dis bes
kom in kom in!
daar’s ‘n gat in my bors
kraak nog ‘n bier oop, nog ‘n song
nog ‘n siegie terwyl die wêreld met koerant geur
voort draai

©2008 Sjaka S. Septembir

1 comment:

wolke van wateren said...

Dit voel of jou woorde stukke van my siel is wat stukkie vir stukkie afgebliksem word.