Bowie suggereer dat daar nuwe beginne steeds blom uit die 70’s uit
So stap ek in die kamers van my hart en my kop rond
Orals bots hul teen mekaar en daar goël ‘n hanswors
Met christusse op kruise, ‘n hond huil deur die donker
Gange, aanhoudend en beduidend, dit alles
Kook in my op as ek uit ryk na jou kaal dui my geliefde Talja, dit alles ontplof
Op ‘n vreemde vernuwing wanneer ek weer ou patrone inslaan
Wanneer ek die legkaart van nog ‘n bier na my lippe lig
Uit staar oor die verligte stad en die tien gebooie van nog
‘n sigaret laat op flam in blye galme van troues en begrafnisse
En baba kak sing halleluja aan die tree wat ek moet
Loop na my bed, na slaap
Daar in die stal metras sal die wiegie van my drome
Weer vanaand vir my drome op geur, ‘n gery van goed gekookte
Wyse manne vleis en Halley komeet deur my rug graat op
Terwyl die helderste besluite in die dood loop strate van my bloed
Vertroebel
Bowie sing vir John en sê hy dans net, nog ‘n sluk bier applous op
My tong spier, en die stoel sit lekker diep vanaand
Terwyl my voete op die balkon se muur rus en ‘n vliegtuig
Soos ‘n engel, sny deur die lug se rug
Orion lag bo my oor alles
Dis na twaalf, Talja slaap al, maar ek’s nog nie gereed
Vir die paadjie bed toe nie.
Tuesday, June 19, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment