Wednesday, September 19, 2007

die sykous meisie sê, “boog si efil”!

(vir Jacobi)

daar’s ‘n borrelende gloed van
flink verleidelike beginsels
‘n weerlig van lewe
in die turquoise soom om jou hart
wat ‘n gefrustreerde mooi engel
laatnag, voor jou geboorte, in
gehekel het. jou vel is gebrei
deur 99 celestial dolfyne, jou
lag het gekom na ‘n hemels weermag
uitgestuur is om die rykste kinder laggies
te versamel en toe’s al die laggies saam
in die Goddelike-blender versap
na die klank wat jy nou so vrylik
van uit jou maag, op deur jou keel,
en tussen die perlemoenskulp van jou tande laat uit klank
elke blonde string wat fyntjies groei
van jou kopvel is ‘n tou waar or al die
geheime van die heel-al laggend tou spring
jou lyf wriemel met kinderverhale,
met Liewe Heksie, Pippie Langkous,
en dies meer se uitbundige sprankel
jy bomelakiesie in jou stap
jy Rio Karnaval in jou aantrek
jy hanswors op wêreld verhoë
en jy skyn, skyn altyd
met ‘n hart warmer as ons Son

© 2005, Sjaka S. Septembir

No comments: