Wednesday, September 5, 2007

Ouma en Oupa


My ouma is laas Woensdag begrawe. Ek het vir haar hierdie gedigte geskryf. Ek't ook 'n ou foto van haar en my oupa gevind, in hul hip jong dae. 'Liggies' was op die pamflet wat my niggie Alicia vir die begrafness gemaak het. Alhoewel my ouma 95 gemaak het, is daar steeds 'n onlogiese hartseer vir my aan haar dood gekoppel. Dalk omdat dit die einde is van daai generasie van Afrikaanse Karoo mense wat deur die depresie is en als...

liggies

vir ouma

liggies sit jy langs die rand
van die berg stroom, jy doop jou voete in.
hoe’t hul skielik so oud geraak?
krom getrek, lewer vlekke…seker van lank stap
94 jaar se om die son stap, en oumsie, jy lag
lag weer soos ‘n kind, jou mond oop
gekleur met ou tande, en jou gees weergalm verby dit
en dit was Vrydag aand toe sê jy,
‘dis nou tyd vir my om te gaan, dis tyd
om vir my vriende te gaan kuier in daai ander wentil baan.’
- en teen nou het jy besef dis ‘n aleen ding die
so jy’t stil al jou tasse gepak, jou ‘good-bye’s’
aan almal vêr weg gevluister, toe nog vir ou laas
good-bye gesê aan die Ouete Huis en die Paarl
en om Sondag ogend, 07h20 is jy hier weg
en vanaand waai jy vir ons koebaai
van bo tussen die twee maane
koebaai, sê jy, koebaai
en jy’s weer jonk en jy stap tussen die sterre in weg
weg van die aarde se draai
‘koebaai, koebaai, koebaai’

jy’s nou in gebook by die ontelbare ster hotel



totsiens kerkstraat, totsiens ou Karoo

vir ouma

rustig rustig sis die bolandse wind
sy roep, sy roep om die lewendes te vind
stadig, stadig knip die straat kinders hul oë
hul kyk, hul kyk verby die seepies en oorloë
dringend dringend lui die sak foon
hy skree, hy skree soos ‘n haan wat verloon
kragtig kragtig bars die nuus
ons ouma, ons ouma is weg op die bries
rustig, rustig sis die bolandse wind,
deur die oute huis se gange, om die mure van die Paarliete
se intrieges en drange, verby 7eleven en sweats from
heaven, kerk klok, moters, en ou kleurling
gesange, om ryk designer suits en prostitute se
prame, deur die Heks rivier se lente wingerd lande
sy roep, sy roep
om vir oulaas te groet
stadig, stadig knip die straat kinders hul oë
hul waai, hul waai na iets mooi’s daar bo

kragtig kragtig blaf Pepie en lag Levies
hul ou nooi, hul ou nooi kom terug op die bries


© Sjaka S. Septembir, 2007, Augustes

1 comment:

Jax said...

my ouma vandag oorlede. ek hoor wat jy se. ek voel wat jy se :-)