Tuesday, August 3, 2010

dinsdag geweld winter choas kaapstad

net nog ‘n dag in Suid-Afrika

die suid-ooster ruk vanoggend aan alles
jy soen my met jou sagte lippe
ek hoor geen voëls
jy hap in die groen appel in
dit knars
yslaag
verwagtinge
roekeloos
die trompet speler
speel ewig sy deuntjie van niet
so roep hy met wyn rooi asem
oor die bome se wind verwaaide blare
merk hy hul stamme met sy wasem
asem roepend vir liefde se derms
in ons lywe se spelonk spiraal spasies
yslaag oogknip
roekelose baba geboortes
karre jaag in op De Waal drive wat vanoggend
maklik vloei
verwagtinge van die miljoene stads geankerde
siele
elk se hoop kopligte
wat insek voeler vroetel oor teer
wit lyne skree in almal se kele
ontbyt skoolklok jong velle
ou ou velle T.V. skerms musiek
geraas skree skril oggend
die maan verkalk
rubber bande knars oor ‘n sprinkaan
vergruisde hond langs die pad
minibus staal skeur breek gille glas spat
bene breek deur vlees
kraan water
pille sluk
bloed spuit
haal diep asem
asem
probeer ontspan
mediteer ganesh buddha lao tzu
jesus vlam kers confucius
prewel hoop
breekbaar sny ek deur die
lemoen
brose korsies brood pop uit toasters reg oor Kaapstad
kake kou
vroeë oggend gevoelige geslagsdele
pomp kom
vingers sperm kak
wat voel vir ‘n knoppie remote
controle digitale speletjies playstation
cell fone facebook rekenaars
‘kom weg van die nou!’
ek sit terug
bloed spuit, karre jaag in
op De Waal drive wat vanoggend
maklik vloei die Suid-Ooster
ruk vanoggend aan alles
jy soen my met jou sagte lippe
ek hoor geen voëls
jy hap in die groen appel in
dit knars skree dreun van boor
in klip kap van hamers teen metaal
ek kyk oor die stad
twee bote dryf vêr oor die hak-kap branders
karre stroom orals oor die slanglywe
van die snelweë
in geskiet deur die hoof are van die N1
& N2
die son is nou al mooi op &
gooi sy geel strale in ‘n trompet geskal
van kleur oor die growwe klippe van Tafelberg
“ag, nee, kyk na die koek in my hare.
ek gaan dit nooit uitgekam kry nie.”
sê jy
in uit in
ek haal asem
net asem

©2010, Sjaka S. Septembir

1 comment:

Anonymous said...

Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
God het jou lief. Lees jou Bybel.