Tuesday, March 6, 2007

Die gedig “my meuseum van… van vyn-kuns en, haar menslike posisie” (in my eerste posting hier onder) is vir die eerste keer gepubliseer in my bundel “Wie Aarsel in My, in die lig van die Deur?” Dit is in 1997 deur PORSELYNNKAS uitgewers as een van hul punk-publikasies versprei. As uitgewers was hul moto “’n Photocopy masjien en ‘n attitude!” Daar is meer as 300 kopieë van die bundel verkoop.
Die foto is van myself. Dis geneem by ‘n Happening (ek sal op check watse een?) wat ons by die Blou Okapi gedoen het. Die foto is gebruik vir die voorblad van die Matie (begin 1997) en het ‘n groot onstuimigheid veroorsaak. Soveel so dat die studente in die mans koshuise al hul kopieë in woede in die strate uit gegooi het. Lyk my nie hulle hou daarvan hul kondome en slap chips gemeng nie. Dit was baie surreal om in Stellenbosch te stap en orals in die gutter my gesig na my te sien terug staar. Dis een van die mooiste gedigte dade wat iemand vir/teen my gepleeg het!
Wat jy nie nou kry in hierdie digitale spasie nie is die punk rouheid, die mooi vuil, van die oorspronklike; wat met ‘n tikmasjien meganies uitgekap is en foute is sommer so met ‘n ‘X’ dood gekap.
In daai tyd was spel foute vir die lede van PORSELYNNKAS iets moois.

No comments: