Tuesday, March 27, 2007

wie is jy Eugene Marais

ek verwar jou soms met Charles Bosman
jy’s nie so na aan my soos bv. die Red Hot Chillie Peppers nie
Wielie Walie of Siembamba is ‘n sterker, meer dierekte
herinnering as jy, maar tog is jy daar…
soos ‘n diep skadu, nie so seer oor enigiets anders
behalwe dat jy ‘n druggie was
en ons sê ‘RESPECKT!’
nie ondanks enigiets anders behalwe dat jy
soos Kurt Cobain, jou kop weg geblaas het
met ‘n haelgeweer, ‘WICKED!’
al sing Koos daarvan, weet ons min
van woorde soos ‘Mabalêl’…bitter min
jy’t nie dalk iewers op ‘n tyd ‘n guitar opgetel
en vir ons ‘n rock song agtergelaat nie?
deesdae spuit ons miere dood met Doom
vir hul siel voel ons maar min
‘Skoppensboer’ was ‘n reeks in die 80’s op TV
met geen betrekking tot jou…
wanneer maak hul nou eendag ‘n fliek van jou
sodat ons jou beter kan verstaan
ek kan nie wag nie
ek wil so graag ‘n cool t-shirts met jou gesig op dra



- ©Sjaka S. Septembir, 2005
*

1 comment:

tamsin said...

Hello - this is cool thanks for sharing love tam