“God loves his children”°
(°Radio Head, °°BECK, °°°pavement)
eiland van magtige kompleksieteit
o my god
is daar nooit ‘n einde
aan hoofstukke van hartseer nie?
sy sê ek kan nog een keer langs haar slaap
net slaap
ysberg van vlees
ek sink al hoe dieper in wakker lê
en rusteloosheid
soos ‘n mensliggaam Titanic
‘bambi titanic love’°°
chaos
o haar god
ek bring vir haar koffie in die bed
sy glimlag, rein en ewig
donderweer in ‘n doudruppel
en ek sê op die ou end die verkeerde goed
wat sy nie wil hoor nie
soos een met my rug teen die muur
voor ‘n vuur peleton
hou my oë haar sag dop
hoe sy vroulik aantrek
en my dan alleen agterlaat
in haar kamer
…die lug frons
stil
o sy god
o jou god
‘it’s everybody’s god, it’s everybody’s god’°°°
sing pavement
en ek’s mal oor daai line
‘a whiter shade of trash’°°°
die son skyn buite
en ons is almal kinders van god
alleen agtergelaat
in ‘n deurmekaar kamer
vol leë hartseer
©Sjaka S. Septembir, 1999, uit CyberVaseline #2
Tuesday, March 6, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Shaka!
Great poem! Makes me see the point to literature. Thanks for that.
Hope to chat soon,
Milton.
Post a Comment