Sunday, April 29, 2007

ek brand ‘n kers vir Sander se ma

ek brand vir jou ‘n kers, vrou in die vreemde
vir daar waar jy gisteroggend in die hospitaal was
besig om te kantel tussen hier en die onbekende
hul’t nog ‘n sy-wurm naelstring na jou kant toe gegooi
elke partikel van die weefsel gevul met hoop
en verlange vir jou terug keer
maar ons kon net aan dié kant voel hoe jou hande gly
onder jou eie gewig. ons vas klou aan jou het te seer geword
toe knip hul die laaste spook string met die afsit van die ‘life support’
eergister was jy nog hier, vandag is jy weg en trane stuk
soos oorgroeide bosse van hartseer jou familie se harte toe
…ek brand ook die kers vir hulle, vir die donker in hul harte

ek is nog hier, en ek brand hierdie wit kers vir jou
in ‘n kamer in Woodstock, terwyl motor bande verby my kamer venster
steeds die swart teer riviere van Roodebloem toets en
die wind roer die blare van die suurlemoen en frangipani boom
voor my venster
ek vat ‘n sluk soet tee en kyk weer na die kers…

vrou in die vreemde, ek brand die kers spesiaal vir jou
ek’t jou prag vlugtig ervaar ‘n jaar terug by my suster se trou
en jou prent is nog in my kop terwyl hierdie kers flikker.
jou tongspier, lede mate en alles is gestol buite tyd
terwyl die rooi sekonde wyser nog ‘n sirkel teken oor die muur
en die blou lig bo hierdie dag skree vir my ‘n eggo van jou
oor al die krioelende jagende lewendes
en dit weerklank in ‘n pragtige stilte
wat soos ‘n arend draai om die son

vrou in die vreemde, ons brand almal saam kerse vir jou
totsiens.

© 2007, Sjaka S. Septembir

Tuesday, April 17, 2007

die hang van 'n ikoon

Jy i$ Oprah Winfrey die Groot TV guru, nie waar?
Daar vloei mo$ digitale syfers in jou elke internet aar
As jy oor die toilet buk i$ dit glo net om ‘n adverten$ie uit te druk
Dit blyk dat a$ die kamera weg draai jou ge$ig dadelik van daai
Glimlag af weg blaai - glo na iet$ aaklig en $uur
Wat geen kind kan verduur

$o hoekom word jy tereg ge$tel?
Want jy’$ die mees bekende ou agony aunt
Jy kwaak eindeloos ‘n klomp dom $tront
Oor maer bly, liggie$ vry, om weg van homo $ek$ualiteit te bly,
Hare $ny en hoe kinders nooit mag pak $lae kry

Oprah!
On$ veroordeel jou tot dood, veroordeel jou tot dood,
Veroordeel jou tot dood – tot dood, tot dood, tot dood
Vandag!

$o oor watse nuwe ding gaan jy vandag blaf?
Jou Amerikaan$e geroggel draf my kaf
Gaan jy weer John Travolta se traantjie$ op pik
Terwyl hy $oo$ ‘n baba oor die brandweermanne $nik?
Of gaan jy terug keer na jou palei$
En ‘n bord vol kaviaar van al jou bediende$ verei$?

$o hoekom word jy tereg ge$tel?
Omdat jy $o lekker hand aan hand met die Bu$h admini$tra$ie gaan
Oor jy wil hê almal moet tog net fabulou$ lyk
En nie dieper vrae inve$tigate
Oor jy $o a-$eksueel jou verhewe opinieloo$heid met on$ almal deel
$o vandag gaan jy waai
Jou tone gaan in hul duur $koene leweloos
Aan die galg $waai
Jou fanta$tie$e middeljarige figuur
Gaan aa$ word vir elke Afrika wurm en mier

Oprah Winfrey!
On$ veroordeel jou tot dood, veroordeel jou tot dood,
Veroordeel jou tot dood – tot dood, tot dood, tot dood
Vandag!

Wednesday, April 4, 2007

oor die gedig 'eerste oktober'

Dit kom uit ‘n ou file in my computer met die naam ‘Stekilgras’, wat tussen die Cybervaseline stuff is. Omdat ek nie die oorspronklike Cybervaselines hier by my in die Kaap het nie – hul’s gestoor met ander van my goed in kratte by my ma se huis (dit gebeur as jy konstant van huis verander) – so ek kan nie nou presies uit maak waar die poem gepublish is nie.

eerste Oktober

die klok, omsingel met skadu’s van nul,
gil deur hierdie dor vogtige Sondag -
met die stem van ‘n uitgerekte video tape -
na die kar metaal sex vel van jou vroulike wese
.jy my gerobotiseerde mens grote eekhoring
my verganklike plekkie van soene voor gee
my semen en jou brein vermeng met die stad en al sy
ligte
waarin ons die malste oopskeur drome en kinder park illusies in kry
wat ek sê is jy my
jy my
ek smeek vir jou, “jy my”, my meisie
my been bloed en vel
my unieke asem, stem, vriendin
ek roep na jou vêr weg wees
ek roep na jou in rooi geverfde Joodse ‘kerke’
ek roep na jou deur jul eie unieke Nuwejaar feesvierings,
deur jul vlae en jul skedels
ek gooi die telefoon uit die flat se venster uit
en ek smeek in die lug in op na jou
om jouself met jou misterieuse oop dei dans
oor my penis kruis te kom kruisig


- Sjaka S. Septembir, 2001,©

Biedjie agtergrond op die Eugene Marais gedig.

Die gedig “wie is jy, Eugéne Marias” is gepubliseer in die bundel ‘Honderd Jaar Later’ (saamgestel deur Johann Lodewyk Marias, uitgegee deur Praag). Ek het nooit ‘n kopie van die bundel ontvang soos hul belowe het nie. My email navrae is nooit beantwoord nie. What’s up ouens? Ek het eers uitgevind dat die gedig sy pad in die bundel gevind het deur ‘n SMS van Gert een Sondag oggend. Hy sê, ‘Ek sien jy’s in die Rapport.’ Ek dink by myself, ‘O, God! Wat het ek nou weer aangevang?’. Ek gooi mos elke nou en dan so ‘n Performance Art stuk – hull’s gewoonlik low key gebeure, maar hul ontstel gereëld ‘n spul mense. (Op ‘n keer het ek bladsy twee in die Rapport gemaak, omdat ek kaal in die Johannesburg se Kuns Gallery geposeer het, en toe’t die sekuriteits wagte my kom dreig…elk geval. Ek gooi vir my klere aan en sluip nuuskierig af, weg van die 5de verdieping flat van my girlfriend daar in Kloof straat, en gaan koop die Rapport by die kafee op die hoek. Daar vind ek toe ‘n review van hierdie ‘Honderd Jaar Later’ met ‘n aanhaling uit my gedig (nogals onder Joan Hambidge se aangehaalde gedig, wat snaaks is want ek’t haar al baie keer lelik vies gemaak, en ek kan haar mond op ‘n aaklige plooi sien trek as sy my naam daar saam het hare gewaar).
Dis ‘n snaakse publiserings ondervinding. Anders as wat ek so vêr ondervind het. Publiserings ondervindings tot nou toe was almal baie meer warm en persoonlike ondervindings. Hierdie een was baie koud en onpersoonlik. Daar was ‘n Email in ‘n baie hoogdrawende Afrikaans wat my vra om gedigte te stuur. Dan nog ‘n email wat vra of hul tog nie ‘n ander naam as ‘Sjaka S. Septembir’ kan gebruik nie…en dit was dit. Het nooit weer van hul gehoor nie. Die resensie in Rapport is gedoen deur ‘n ene Andries Visagie. Hy’s ook net ‘n gesiglose naam vir my. Of dalk is ek verkeerd Andries, dalk het ons al ontmoet? Nie dat dit regtig saak maak nie, Dis maar net hoe dit was.