Tuesday, March 13, 2007

3rde gedig

Die gedig en die een in my vorige posting - “God loves his children” – is geskryf in die tyd toe ek en die pragtige Ietsie besig was om op te breek. Jy weet, daai tyd wanneer alles uit fok, maar jul’t steeds sex.
Sy’t meer ‘n gypsy in haar oë as enige ander meisie wat ek nog geken het...

Meeu

stil vrot asemlose keel
kantil jou gees tot niks
jou stoel was leeg
ons het die ster van fok gevoed
met donker sag soene
geweg-kruip in lepel-lê drome
want ons was stukkind, vol bloed
en ons wou nuwe warmte bou
ons wou net mekaar naak vas hou

ek het ons saam geweef in galoppinde perde hare
al was jy ‘n 1000km vêr
en ek, dood soos ‘n gebluste stompie

in vlerke gesit en vir jou kinder drome geteken
vir jou glimlagte gebroei
in my ou vel oond

‘n PAN wooga-wooga gedans
vir die lente van ons verdorde skadu’s

toe ek jou weer sien
het ek verby die tralies gegryp
wat net jy sien
en ek het my vlerke stukkind gebliksem
teen die cement blink in jou staar
en jy’t gekekkel lag
en jou rug weg gedraai
en jy’t gelag
vir die einde van my alles

©1999, Sjaka S. Septembir, eers verskyn in CyberVaseline #2 (Ek noem dit ‘n ‘mengsil poem met wiskie, Floyed en Willem’. Ons het in ‘n vurige dronk aand saam op papier gekrap. Ek het die heilige gekrap gehou en toe kom die daar uit.)

1 comment:

Ingie said...

Hi sjaka,

Hier uit die verre nederland is dit lekker om my broer tog op n manier naby te he.
Inge